Die plantstingel

NATUURWETENSKAPPE

Graad 9

PLANTE: VAN BOU TOT GENETIKA

Module 28

PLANTORGANE: STINGELS

AKTIWITEIT:

OM TE BEPAAL HOE DIE BOU VAN DIE PLANTSTINGEL MET DIE FUNKSIES VAN DIE STINGEL VERBAND HOU

[LU 2.1; 2.2; 2.3; 2.4]

Plantstingels se funksie is om blare, blomme en vrugte van ‘n plant so te dra dat dit blootgestel is aan sonlig, bestuiwingsagente en vrugverspreiders.

By groot bome word die stingel later die stam en is dit baie verdik en versterk. Die bogrondse organe kan nie sonder water lewe nie. Omdat die water uit die grond kom, moet dit opwaarts vervoer word. Die “vervoerpype” vir die water en minerale soute word gevorm deur verlengde, dooie selle wat die hout van die plant uitmaak. Die plantkundige naam vir hout is xileem. Hierdie voedingstowwe moet na die res van die plant vervoer word, die wortels ingesluit. Hierdie stelsel van lewende, verlengde selle vorm die bas van die plant. Die plantkundige term daarvoor is floëem.

Die blare vervaardig op hulle beurt stysel en suiker.

Opdrag 1:

Breek ‘n paar takkies of stingels van verskillende plante af. Plaas dit voor jou op die bank en kyk na die verskille.

Verdeel hulle in twee groepe: bruin houtagtige tipes en die groen kruidagtiges.

  1. Waarom sal dit verskil?

  1. Watter soort stingel sou die eenjarige eensaadlobbige plant hê?

  1. Watter soort stingel sou die meerjarige dikotiel, soos ‘n vrugteboom, hê?

  1. Wat beteken dit?

  1. Die blare stel ‘n plant in staat om asem te haal. Wat gebeur by bladwisselende soorte wat elke winter hul blare verloor? Hoe haal hulle asem? Eintlik moet ons vra: Hoe vind gaswisseling plaas?

Let op na die bruin, houtagtige takkie wat jy gepluk het. Die kanse is goed dat jy klein wit spikkeltjies op hierdie bruin takkies sien. Ons noem dit LENTISELLE. Lentiselle is openinkies wat gaswisseling in die winterseisoen moontlik maak.

Assessering van Stingelstudie

Kon jy informasie oproep om te onderskei?

[LU 2.1]

Opdrag 2:

  1. Teken een van elke tipe takkie – ‘n groen kruidagtige en ‘n bruin houtagtige een.

2. Jou onderwyser sal jou help om die volgende begrippe te beskryf. Hulle het almal te doen met strukture wat op die stingel aangetref word.

Eindknop:

Groeistreek:

Litte:

Knope:

Blaarlittetekens:

Oksel:

Skubblare:

3. Gebruik die lys by no. 2 en voorsien die illustrasies by no. 1 van byskrifte.

4. Jou gevolgtrekking: wat is die hooffunksies van stingels?

Assessering van Sketse en Vrae

Kon jy verskille en bou aandui?

[LU 2.2; 2.3]

Opdrag 3:

Die volgende kolomgrafiek toon die lengtegroei van ses verskillende sonneblomsaailinge (A, B, C, D, E, F) die eerste week na ontkieming aan.

  1. Wat is die verskil tussen ‘n kolomgrafiek en ‘n histogram?

  1. Watter gemerkte saailing het die gunstigste groeitoestand ondervind? Gee rede.

  1. Hoe hoog het saailing A in die eerste week gegroei?

  1. By watter twee saailinge was die lengtegroei dieselfde?

  1. Wat was die verskil in lengtegroei tussen saailinge B en F?

  1. Wat was die verskil tussen die langste en kortste saailing?

  1. Beskryf hoe ‘n stingel in lengte groei

Assessering van Grafiek

Kon jy vrae beantwoord?

[LU 2.3]

Assessering

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Aktiwiteit:

OPDRAG 1

OPDRAG 2

DELE OP ‘N STINGELPUNT

Eindknop: boonste knop by ‘n stingel – waar groeipunt sit.

Apikale meristeem: groeipunt weefsel aan die boonste punt.

Litte: stukke op die stingel tussen knope.

Knope: area op stingel waar knoppe en blare en systingels uitgroei.

Blaarlittetekens: merkies op stingels waar vorige blare afgeval het.

Oksel: area in ‘n knoop waar knoppe gaan uitgroei.

Skubblare: beskermende blare wat eindknop en ander groeiknoppe beskerm.

1. houtagtige takkie en kruidagtige takkie: sketse

Hooffunksies van stingels:

dra blare sodat hulle kan fotosintetiseer;

dra blomme sodat hulle bestuif kan raak;

dra vrugte sodat hulle versprei kan word;

vervoer water en voedingstowwe tussen die blare en die wortels.

OPDRAG 3:

1. histogram het spasies tussenin

2. M – hoogste gegroei

3. sowat 6 mm

4. L en N

5. 8-7=1mm

6. 12-6= 6mm

7. selle verdeel – selle verleng en differensieer = groei